Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UNODC-SIGLA Gesprek oor maritieme veiligheid en Afrika
Begin: 04/09/2019, 15:00
Einde: 26/09/2019, 13:00
Kontak:Prof Francois Vreÿ - 0825934225
Plek: Protea Hotel Technopark Stellenbosch

​Hierdie openbare debat op 26 September, 16:30 by die Protea Hotel, Technopark, Stellenbosch poog om die problematiek en sekere antwoorde en oplossings rakende maritieme veiligheid om Afrika te beskou. Hoekom neem Afrika se owerhede nie meer inisiatiewe om hul maritieme belange te beskerm en te bevorder nie? Is dit 'n geval dat Afrikalande, veral kusstate, oorweldig word deur ander bedreigings en kwesbaarhede waarmee hul moet handel? Is dit moeilik om belangegroepe en kiesers van die kritieke rol van maritieme belange te oortuig, of is dit oor die persepsie of bekommernisse dat blou belange en kapitaal weer net groot besigheidsbelange bevoordeel. Is Afrika se AIMS 2050 strategie en die Lomé Ooreenkoms te swak om enige oorwoé Afrikabelang en  kollektiewe Afrika optredes in belang van die kontinent se maritieme belange saam te snoer? RSVP asb teen 18 September na fvrey@sun.ac.za of 0825934225.