Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Geskeduleerde IT onderhoudsnaweek
Begin: 28/06/2019, 15:00
Einde: 02/07/2019, 15:00
Kontak:IT Service Desk -
Plek: Campus-wide
Geskeduleerde onderhoud van IT-stelsels word beplan vir die naweek van 28 Junie – 1 Julie vanaf 17:00 Vrydagmiddag tot 08:00 Maandagoggend.

ʼn Groot aantal IT-stelsels en toepasssings sal gedurende die naweek nie beskikbaar wees nie. Gevolglik sal sommige funksies ook nie toeganklik wees nie. Weens die omvangryke onderhoud en die noodsaaklikheid vir deeglike toetsing van stelsels en toepassings, kan onderbrekings ook voortduur in die daaropvolgende week.

Wees verseker dat ons alles binne ons vermoë sal doen om onderbrekings tot die minimum te beperk. Vir navrae kontak asb. die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.