Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AvOL 2019 Konferensie Hoofsprekers - Dr Joy Mighty en Prof Geo Quinot
Begin: 28/10/2019, 08:30
Einde: 30/10/2019, 16:30
Kontak:Claudia Swart-Jansen van Vuuren - 0218084502
Plek: The Lord Charles Hotel, Somerset West

Die Universiteit Stellenbosch se interne Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie (AvOL) vind plaas tussen 28 en 30 Oktober 2019 by die Lord Charles Hotel in Somerset Wes. Die konferensie word gehou oor twee dae, naamlik 29 en 30 Oktober, terwyl die voor-konferensiewerkswinkels op 28 Oktober plaasvind.

Die bevestigde hoofsprekers by die konferensie is Prof Joy Mighty (Carleton Universiteit in Ottawa) en Prof. Geo Quinot (Universiteit Stellenbosch). (Jou) Onderrig Maak Saak @ US is die oorkoepelende tema van die konferensie vanjaar.

Die abstrakindieningsproses is nou oopgestel op die webwerf! Gaan gerus na webadres www.sun.ac.za/sotl om al die nodige inligting rondom registrasie en die indiening van 'n abstrak te sien.

Vir enige navrae kontak sotl@sun.ac.za.