Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skryfwegbreek vir Personeel
Begin: 20/05/2019, 08:00
Einde: 22/05/2019, 17:00
Kontak:Selene Delport - 021 808 2947
Plek: Devon Valley Hotel

Soms is dit moeilik om genoegsame tyd opsy te sit om te skryf en ʼn skrywer kan maklik momentum verloor. Om jou te help om weer skryfmomentum op te tel, bied die Skryflab ʼn skryfwegbreek vir personeel aan.

Sluit gerus by die skryfwegbreek aan om in ʼn ondersteunende omgewing aan jou voorstel, tesis/dissertasie of artikel te werk. ʼn Fasiliteerder sal deurgaans beskikbaar wees om jou te help. 

Slegs 6 gratis plekke is beskikbaar. Inskrywings moet op die SUN-e-HR sisteem gedoen word. U kan toegang tot die sisteem verkry vanaf u personeelportaal. Die volgende skakel kan gebruik word: Personeelportaal. Enige navrae kan aan Selene Delport by selene@sun.ac.za of 021 808 2947 gerig word.