Die Alumni-betrekkinge Afdeling in samewerking met die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapontwikkeling bied vanaf 5 tot 7 Maart 'n reeks diskoerskafees aan oor aktuele sake. Hierdie besprekings vorm deel van Tuiskoms 2019 en vind plaas by die Visuele Kunste-gebou op die Stellenbosch-kampus. Toegang is gratis.
5 Maart om 17:30
Politieke deelname onder die jonger geslag
Visuele Kunste
Is die jonger geslag se deelname aan die politiek beperk tot ’n kruisie in die stemhokkie elke vier jaar? Is die politiek iets wat net plaasvind in die gange van die parlement of in die raadsale van Luthuli-huis? Hoe kan die jonger generasie aktief deelneem aan die prosesse en besluite wat hul wêreld rig?
6 Maart om 17:30
Sosiale integrasie in die Suid-Afrikaanse hoër onderwys
Visuele Kunste
Wat is die stand van sosiale integrasie in Suid-Afrikaanse hoër onderwys? Is daar ’n punt waarop ons kan sê integrasie is nou voldoende? En hoe sal ons dit beoordeel? By wie lê die verantwoordelikheid om hieroor te besluit? Wat kan ons doen om te verseker dat elke persoon integrasie ervaar en aanvaar?
7 Maart om 17:30
Leierskap en Gesondheid
Visuele Kunste
Perfeksionisme, toksiese omgewingsfaktore, ’n ongebalanseerde lewe en die konstante druk om te presteer kan uiteindelik sy tol eis. Die fokus val op studenteleierskap in hoër onderwys. Is daar groter druk op moderne leiers en waarom? Hoe bestuur leiers hul gesondheid? Hoe bestuur leiers hul spanne se gesondheid? Wat is die faktore wat verhoed dat moderne leiers betyds vir hulp vra?