Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die gebruik van “Pecha Kucha” as ’n psigo-opvoedkundige fasiliteringsinstrument vir die opleiding van skoolsielkundiges
Begin: 14/02/2019, 12:45
Einde: 14/02/2019, 13:45
Kontak:Ms Nothemba Nqayi - (021) 808 3717
Plek: Den Bosch, 41 Victoria Street (opposite House Skuilhoek and directly behind the Conservatoire)

​AUXINS aangebied deur:

Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL)

Titel van Aanbieding:

Die gebruik van “Pecha Kucha" as 'n psigo-opvoedkundige fasiliteringsinstrument vir die opleiding van skoolsielkundiges

Opsomming van Uitnodiging:

Hiermee nooi SOL u graag na 'n etensuurpadkossessie as deel van die Auxin-projek. Die Auxin-projek het dit ten doel om groeigeleenthede vir US-dosente te skep.

Titel en Naam van Aanbieder(s):

Dr. L. Damons, Me. C. Jacobs en Dr. L. Dreyer

Kort Biografie:

Die aanbieders is dosente in the Departement van Opvoedkundige Sielkunde, Fakulteit Opvoedkunde. Hulle is betrokke by die opleiding van onderwysers en is aldrie opvoedkundige sielkundiges.

Opsomming (“Blurb"):

Die Raad van Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika vereis dat BEd Hons (Opvoedkundige Sielkunde) studente psigo-onderwys verskaf. Die rasionaal vir hierdie studie is dat studente hul tydsbeperking oorskry. Dit is problematies, aangesien die gaping tussen aanbieding en betrokkenheid outentieke leer kompromitteer. Die doel van hierdie studie was om studente aan “Pecha Kucha" (PK) as 'n alternatiewe metode vir die aanbieding van psigo-onderwys bekend te stel. PK is 'n innoverende en vernuftige formaat vir ʼn “PowerPoint"-aanbieding. Dit bestaan uit 20 skyfies met beeldmateriaal en minimale teks, aangebied binne 20 sekondes (Murugaiah, 2016). Hierdie navorsing is gesitueer in die teoretiese raamwerk van 'n professionele leergemeenskap (“professional learning community"). Daar bestaan internasionale konsensus dat professionele leergemeenskappe geleenthede vir volgehoue refleksiewe praktyk verskaf en die volgende bevorder: die pragmatiese gesamentlike konstruksie van kennis en die vermoë om krities te reflekteer en kreatiewe strategieë vir probleemoplossing te gebruik in ʼn proses van volgehoue leer (Du Four, 2004; Mezirow, 1990). Hierdie interpretatiewe kwalitatiewe navorsing is ontwerp en onderneem volgens deelnemende aksienavorsing. Dit is gebaseer op die epistemologiese aannames wat sosiaal konstruktief van aard is (Creswell, 2007). Die ontologie van sosiale konstruktiwisme is dat die werklikheid sosiaal gekonstrueer is. Dit moedig die refleksiewe gebruik van die kritiese vaardighede van die responsiewe berader aan (Denzin & Lincoln, 2011).

Navorsingsvraag: Hoe ervaar leerlingberaders Pecha Kucha as 'n fasiliteringsinstrument vir psigo-onderwys vir leerders van verskillende ouderdomme in skole?

Hierdie doelbewuste steekproef het bestaan uit vrywillige deelnemers wat vir die BEd Hons (Opvoedkundige Sielkunde) program by 'n universiteit ingeskryf was. Data is ingesamel deur artefakte wat deur die deelnemers gegenereer is en 'n fokusgroeprefleksie. 'n Iteratiewe metode van data-analise is gebruik om data met behulp van die ATLAS.ti rekenaarprogram in te samel. Die bevindinge het aangedui dat die studente ervaar het dit neem langer om 'n PK-aanbieding voor te berei. Die gebruik van PK het interaktiewe deelname aangemoedig en die herroep van inligting verbeter.

Slotsom: PK het die potensiaal om nuttig vir die bevordering van leer en individuele en kollektiewe kapasiteitsbou in ʼn professionele leergemeenskap te wees.

Implikasies: Deelnemende aksienavorsing is 'n waardevolle navorsingsmetodologie om onderwyser-/beraderontwikkeling in ʼn leergemeenskap te bevorder. Die betekenis van hierdie navorsing lê in die verkenning van nuwe metodes om 'n kultuur van kreatiewe interaksie in die akademiese konteks te bevorder.

Sleutelwoorde:

Pecha Kucha; professionele leergemeenskap; deelnemende aksienavorsing

Datum van Aanbieding: 26 Februarie 2019

Tyd: 12:45 – 13:45

Plek: Den Bosch, Victoriastraat 41 (oorkant Huis Skuilhoek, direk agter die Konservatorium)

RSVP asseblief deur die volgende Google Form te voltooi:

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfqtAwQGhYM9nKv0JeZVpkyhGew7LqVX79QLYMo-aZlHE7C9w/viewform?usp=sf_link

Navrae: Me Nothemba Nqayi, nothemban@sun.ac.za, 021 808 3717

Kansellasies:

Indien u, om watter rede ookal, nie meer die AUXIN kan bywoon nie, versoek ons dat u asseblief u registrasie ten inste 24 uur voor die tyd kanselleer, deur Me Nqayi te kontak (kontakbesonderhede hierbo). Daar is sekere kostes verbonde aan elke AUXIN vir SOL, en die versoek is om finansiële implikasies te minimaal te hou.

Meer Inligting:

Na afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op SOL se webtuiste:  www.sun.ac.za/ctl