Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vorentoe Vrydag-gesprek met Deidre Samson
Begin: 08/02/2019, 13:00
Einde: 08/02/2019, 14:00
Kontak:Natasha Coltman - 0218083691
Plek: Stellenbosch University Museum

​Vorentoe Vrydae is ’n reeks middaguurgesprekke wat daarop gemik is om besprekings oor die toekoms van hoër onderwys, en die hoër onderwys van die toekoms, in Afrika aan die gang te kry. Die gesprekke maak deel uit van die uitstalling Vorentoe? Vorentoe! Vorentoe …, wat die Universiteitsmuseum tot 30 April 2019 aanbied. Die Museum is die trotse ontvanger van die Minister van Kultuursake se toekenning Beste Museum Wat Sosiale Kohesie Bevorder, sowel as die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se Burgemeesterstoekenning vir Volhoubare Ontwikkeling.