Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tuiskoms en Woordfees: Langtafel
Begin: 28/02/2019, 18:00
Einde: 28/02/2019, 21:00
Kontak:Marvin Koopman - 021 808 9265
Plek: Victoria Street | Straat
Op die lang someraand van 28 Februarie is daar net een plek om te wees – die Langtafel in Victoriastraat oorkant die Konservatorium. Dis hier waar die begin van die 20ste Woordfees en die Tuiskomsnaweek verwelkoming in styl gevier gaan word. 

Daar gaan straatkunstenaars, musiek, topspyseniering en Somerboschwyn wees. Dis ook die opening van die Woordfees se Visuele Kuns-program onder kuratorskap van Theo Kleynhans. Langtafelgaste sal dus die eerste geleentheid hê om vanjaar se ryk verskeidenheid te geniet.

Slegs 200 kaartjies, teen R450 per persoon, is beskikbaar. Die kaartjie sluit ’n glas wyn en ’n feestelike somer-ete in. ’n Kontantkroeg is ook beskikbaar. Kom klink en rinkink saam met Stellenbosch se grootste feesdriftigtes.
  • Koop jou kaartjies hier: https://online.computicket.com/web/event/langtafel/1276179606/0/90832010 
  • Vind meer Tuiskoms-geleenthede: http://www.matiesalumni.com