Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Woordpret by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal op 12 Oktober 2018
Begin: 12/10/2018, 12:30
Einde: 12/10/2018, 13:45
Kontak:WAT Banghoekweg 115 - 0218873113
Plek: WAT 115 Banghoek Road

Tracey Lange, aanbieder van die TV-programme  Bravo! en Tussen Ons is op 12 Oktober die gas by die WAT se volgende Woordpret.  Tracey sal ʼn blik agter die skerms van die TV-programme gee en vrywilligers uit die gehoor sal aan ʼn impromptu Tussen Ons-gesprek kan deelnaam.  Sy is ʼn spontane en gemaklike persoon en daar sal ook nog heelwat ander verrassings wees.   

Maggie Marais van Delaire Graff sal van die landgoed se uitsoekwyne kom bekendstel en wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar. Tracey kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min. en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone.  Skakel Susan of Tanja voor of op 10 Oktober by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek.  Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch.