Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gemengde Onderrig en Leer Kort Kursus
Begin: 10/10/2018, 08:00
Einde: 10/10/2018, 16:30
Kontak:Dr JP Bosman - 021 808 2222
Plek: Stellenbosch campus, G.G.Cillié, Building, 3rd Floor, Room 3008
​SLT bied dosente ’n geleentheid aan om met opvoedkundige teorie en praktiese vaardighede van die gemengde leerpedagogie betrokke te raak. Die kursus sal twee keer in 2018 aangebied word. Oor ’n tydperk van 6 weke, sal u aanlyn aktiwiteite en lesings deurwerk: Week 1 en 6 sluit ’n verpligte kontaksessie in die vorm van ’n voltydse werkswinkel in. Die totale tydsverbintenis is 60 uur wat die twee volle werkswinkels, aktiwiteite en die aanlynkomponent insluit wat sowat sewe uur per week vereis. Die finale produk van deelnemers wat die kursus bywoon is ’n module (of kursus) wat konseptueel herontwerp is en in lyn gebring word met die beginsels van gemengde onderrig en leer.

Tema 1 – Verstaan gemengde onderrig en leer?
Tema 2 – Die skep van multimedia
Tema 3 – Die integrasie van multimedia
Tema 4 – Samewerking in die “cloud”
Tema 5 – Assessering met tegnologie
Tema 6 – Trek alles byeen

Deelnemers word verplig om ten volle te verbind tot die hele duur van die kursus. Hierdie geakkrediteerde kortkursus ondersteun alle deelnemers wat die nodige sagteware en hardeware verskaf om gemengde leer te implementeer.
Koste: Alhoewel deelnemers nie vir die kursus betaal nie, sal daar ʼn finansiële verpligting wees, indien deelnemers nie die kursus voltooi, of hul registrasie betyds kanselleer nie. Die kursus het ’n beperkte aantal sitplekke, dus moet deelnemers bedagsaam wees vir ander potensiële deelnemers en die koste wat aangewend word om die kursus aan te bied.​

Klik hier​ om vir hierdie kortkursus te registreer