Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wêreldbekende sosioloog prof Steve Fuller praat by Indexing Transformation
Begin: 16/08/2018, 13:00
Einde: 16/08/2018, 14:30
Kontak:Dr Lloyd Hill -
Plek: Arts Building, 6th floor, Room 648

Prof Steve Fuller, ’n wêreldbekende sosioloog van die Universiteit van Warwick in die Verenigde Koninkryk wat in wetenskap- en tegnologiestudie spesialiseer, bied vandeesweek 'n openbare lesing by die Universiteit Stellenbosch (US) aanDie lesing handel oor of universiteite ’n post-waarheidsera kan oorleef.

Can Universities Survive the Post-Truth Era?

Donderdag 16 Augustus, 13:00-14:30, Lokaal 648, Letteregebou (seminaarreeks oor indeksering van transformasie)

Daar is 'n geneigdheid om 'post-waarheid' op minagtende wyse as die gevolg van populistiese anti-intellektualisme te beskou. Sommige gaan selfs verder en maak 'post-waarheid' af as net 'n tydelike wending in die lot van akademici en ander elite wat te lig bevind is ná die Brexit-stemming en Trump se verkiesing. Ek glo albei beskouings van die post-waarheidstoestand is verkeerd. Op grond van my jongste boek, Post Truth: Knowledge as a Power Game, voer ek aan dat die post-waarheidstoestand gekom het om te bly, ongeag wat met Brexit of Trump gebeur – en dat dit in sekere sin nog altyd 'n werklikheid was. Ons behoort hierdie epistemiese dilemma as deel van die groeipyne van die demokratisasie van kennis te beskou – 'n onafwendbare gevolg van wat in wese die afgradering van kennersoordeel is. Ek sal bespreek watter gevolge dít inhou vir hoe universiteite hulleself herposisioneer.