Kontak:Sonja van Staden
- 021 938 9098
Plek: Tygerberg Campus / -kampus
Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is besig met die finalisering van die beplanning vir die nuwe Biomediese Navorsingsfasiliteit (BMNF). Die doel van die Biomediese Navorsingsfasiliteit is om die huidige Fisan-gebou te transformeer, uit te brei en op te gradeer na 'n moderne wêreldklas navorsingsfasiliteit.
Alle personeel en studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe word uitgenooi na n oop vergadering waar u ingelig sal word oor die mees onlangse ontwikkelinge met betrekking tot die nuwe Biomediese Navorsingsfasiliteit van die FGGW.
Datum: Vrydag 17 Augustus 2018
Tyd: 13:00 – 14:00
Lokaal: Lesingsaal 11, Onderwysgebou, Tygerberg-kampus