Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dekaan se lesingreeks vir Uitgelese Leiers: Dr Keith Martin
Begin: 03/08/2018, 11:45
Einde: 03/08/2018, 13:00
Kontak:Meggan Ceylon - 021 938 9202
Plek: Tygerberg-kampus / Tygerberg Campus

​​Hiermee 'n uitnodiging na ʼn lesing aangebied as deel van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Dekaan se lesingreeks vir Uitgelese Leiers. Dié lesings dien as ʼn forum vir vername leiers uit die openbare, private en gemengde sektore om hulle persoonlike visie te deel en hul betrokkenheid te bespreek by pogings om van die mees dwingende kwessies in die samelewing aan te spreek.

Ons spreker is Dr Keith Martin, 'n dokter en stigter en Uitvoerende Direkteur van die Konsortium van Universiteite vir Globale Gesondheid (Consortium of Universities for Global Health – CUGH). Dr Martin het voorheen gedien as 'n parlementslid in Kanada. In 2004 is hy aangestel as 'n lid van die Koningin se Adviesraad (Queen's Privy Council) vir Kanada.

Dr Martin is 'n raadslid van die Jane Goodall-stigting en die Annale van Globale Gesondheid (Annals of Global Health). Hy dien ook as 'n adviseur vir Seed Global Health, die Internasionale Kennerkorps oor Kanker (International Cancer Expert Corps), die Globale Sepsis-alliansie (Global Sepsis Alliance), die Amerikaanse Universiteit van Beiroet se Instituut vir Globale Gesondheid en McGill Universiteit se Globale Gesondheidsprogram. Hy is 'n lid van die Lancet-kommissie oor besoedeling en gesondheid.

Datum: Vrydag 3 Augustus 2018
Tyd: 11:45 vir 12:00
Lokaal: JN De Villiers-raadsaal, Dekaansafdeling, Kliniese Gebou
Onderwerp: “Globale gesondheid – geleenthede om 'n groot impak op globale gesondheidskwessies te hê"