Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die jaarlikse Graduandi Werwingsprogram
Begin: 06/08/2018, 09:00
Einde: 08/08/2018, 15:30
Kontak:Delisha Van Neel - 0218083568
Plek: Rooiplein/Red Square (6th - 7th) and Academia (8th)

​Loopbaanontwikkeling is op twee pilare gebaseer – die eerste verteenwoordig selfkennis, en die tweede kennis van die wêreld van werk. Die jaarlikse program bied die geleentheid aan studente om hierdie twee pilare te ontwikkel en te wys hoe ver hulle gegroei het in hierdie ontwikkeling.

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste van die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) reël elke jaar die Graduandi Werwingsprogram. Geen Matie kan bekostig om hierdie program mis te loop nie.

Dit is ʼn geleentheid vir alle Maties om hulle talente en vaardighede te bemark. Dit is ook die ideale geleentheid om netwerke met potensiële werkgewers te bou. Baie werkgewers sal oor die volgende twee maande ons kampus besoek. Hulle doelwit is om hulle maatskappye aan ons studente bekend te stel, asook hulle beskikbare werksgeleenthede met ons finalejaarstudente te deel. Die uitdaging vir elke Matie is om sy/haar vaardighede en talente te ken en die vermoë te hê om dit op ʼn kort en duidelike manier in ʼn CV en ʼn onderhoud oor te dra.  Die Eenheid bied werksessies aan oor hierdie onderwerpe en vele meer om studente te ondersteun in hulle reistog na indiensneming. Gaan na werksessies vir verdere inligting.

Studente word ook aangemoedig om te begin navorsing doen oor die maatskappye en die moontlikhede waarvoor hulle aansoek wil doen, en hulle onderhoudsvaardighede te oefen.

Die Eenheid organiseer die volgende Loopbaanuitstallings waartydens maatskappye die kampus besoek om studente vir indiensneming te werf en om internskappe en beurse aan te bied:

Algemene Loopbaanuitstalling, Maandag 6 Augustus, Markiestente op die Rooiplein, 9h00 – 14h00

Rekeningkunde Loopbaanuitstalling, Dinsdag 7 Augustus, Markiestente op die Rooiplein, 9h00 – 14h00

Ingenieurs Loopbaanuitstalling, Woensdag 8 Augustus, Academia Ontspanningsaal.

Kontak die Eenheid by 021 808 3568 of loopbanekantoor@sun.ac.za vir verdere navrae.