Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch Forum Lesing: Dr Nic Spaull
Begin: 31/07/2018, 13:00
Einde: 31/07/2018, 14:00
Kontak:Felicia Mc Donald - 021 808 2581
Plek: Stellenbosch University Library (JS Gericke Library) Auditorium

U word hiermee vriendelik uitgenooi na die tweede Stellenbosch Forum lesing vir die jaar.

Die Stellenbosch Forum lesingreeks het sy ontstaan gehad in 1990 en bied sedertdien aan personeel en studente aan die US, sowel as belangstellendes vanuit die publiek, gereelde geleenthede om meer te leer oor relevante, wêreldklas navorsing wat aan die US gedoen word. Navorsers word by hierdie geleentheid versoek om hulle akademiese navorsingsonderwerpe op so 'n manier aan te bied dat dit verstaanbaar is vir nie-deskundiges op die gebied. Dit bied dus die ideale geleentheid vir kritiese debat en interessante besprekings oor dissiplinêre grense heen.

By hierdie geleentheid sal Dr Nicholas Spaull, senior navorser in Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, en navorsingsgenoot van ReSEP, 'n lesing gee met die titel:

"Primary Education in Crisis: An overview of South African Schooling"

Datum:    Dinsdag, 31 Julie 2018

Tyd:        13:00 – 14:00

Plek:      Universiteit Stellenbosch Biblioteek (JS Gericke Biblioteek) Ouditorium

Meer oor die lesing

Dr Spaull will present an overview of the South African education system highlighting the inequalities that exist in the system, and recent international assessments such as the Progress in International Reading and Literacy (PIRLS) study, which showed that 78% of Grade 4 learners could not read for meaning in any language. He will also discuss the binding constraints research, which aims to identify what we should be prioritising among the many competing calls for attention.

Ons sien uit daarna om u by hierdie geleentheid te verwelkom. Moet dit nie misloop nie!