Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Toasties for Tummies: Stellenboschkampus
Begin: 27/07/2018, 10:00
Einde: 27/07/2018, 14:00
Kontak:Michelle Pietersen -
Plek: The Deck ( Neelsie top floor) / Die Dek (boonste vloer van die Neelsie)

Toasties for Tummies is ʼn inisiatief waar verskillende organisasies en belanghebbendes byeenkom om toebroodjies vir verskeie skole en organisasies in en om Stellenbosch voor te berei. Die idee is om soveel moontlik personeel, studente, organisasies en skenkers te kry om met die voorbereiding van die toebroodjies te help. Hierdie jaar is die doelwit om 10 000 toebroodjies te maak.

Voorbereiding sal Vrydag 27 Julie op Die Dek (boonste vloer van die Neelsie) op die Stellenbosch-kampus plaasvind.

Skofte vind elke uur plaas. Ons het ook 'n bekende MC, Wayne Mckay, wat bekend staan in die vermaaklikheidsbedryf as 'n Stand-up-komediant, akteur, radio- en televisie-stemkunstenaar en gewilde seremoniemeester.

Registreer hier


 

Skenkings/Borgskappe:

Departemente en fakulteite word aangemoedig om brood vir die toebroodjies te skenk:

LW: Alle skenkings moet op die toepaslike datums by bogenoemde lokale afgelaai word.​