Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) bied jaarliks die Professionele Onderrigontwikkeling vir Akademici (PRONTAK) program aan vir nuutaangestelde akademici by die universiteit. Die program het onder meer ten doel om dosente in te lig oor en toe te rus vir hulle onderrigrol en word in fases gedurende die jaar aangebied.
Vir meer inligting, sien die artikel in die nuusflits of kontak die SOL adviseur in jou fakulteit.