Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Woordpret by die WAT
Begin: 09/05/2018, 10:00
Einde: 18/05/2018, 10:00
Kontak:Woordeboek van die Afrikaanse Taal - 0218873113
Plek: WAT 115 Banghoek Road

​Johan Badenhorst van Voetspore-faam, Johan Bakkes, skrywer en bierdrinker, en Ampie Kruger, bierbroumeester van Wild Clover-brouery buite Stellenbosch, is die gaste by die volgende Woordpret van die WAT op 18 Mei.  Hulle is op soek na die kroon van die goue vog van Ninkasi, die Mesopotamiese godin van bier. Tans reis hulle met die TV-program Dors al proeënde van een vakmansbierbrouery na die ander.  Die term vakmansbier is hul eie skepping in die plek van boetiekbier. Hulle sal kom vertel van die reis en die gaste sal vakmansbier kan drink.

Bier, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar. Die span van Dors kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min. en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone.  Skakel Susan of Tanja voor of op 16 Mei by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek.  Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch.