Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sosiale media: Besigheidsblogs
Begin: 23/06/2018, 09:00
Einde: 28/07/2018, 16:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Seminar Room of the Language Centre, Kleine Bosch, 44 Banhoek Road, Stellenbosch

Hierdie kursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, sal jou bemagtig om platforms vir sosiale media te bestuur. Jy sal ook leer hoe om optimaal deur middel van sosiale media te kommunikeer. Ons fokus eers op besigheidsblogs, en beweeg van daar af na ander sosialemediaplatforms – op dié manier verkry jy insig in die beste sosialemediapraktyke.

Indien jy enigsins inhoud vir sosialemediaplatforms soos blogs, Facebook of Twitter moet ontwikkel of bestuur, is hierdie kursus vir jou!

Wat is die kursusuitkomste?

·        Jy sal toepaslike inhoud vir 'n hele spektrum sosialemediaplatforms kan ontwikkel en onderhou

·        Jy sal toegerus wees om verskeie sosialemediastrome se teikenmarkprofiele te kan identifiseer en te verstaan

ʼn Sertifikaat van Bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wanneer en waar?

Ons bied hierdie kursus oor vier weke aan met vier voldag kontaksessies, wat deur ʼn aanlyn komponent aangevul word. Die kontaksessies sal op Saterdae tussen 09:00 en 16:00 plaasvind in die Taalsentrum se Seminaarkamer in Kleine Bosch, Banhoekweg 44, Stellenbosch, op die volgende datums:

Saterdag 23 Junie, and Saterdag 7, 21 en 28 Julie.

Meer inligting
Skakel met Michelle Pieters vir besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812, of klik hier om dadelik in te skryf: http://shortcourses.sun.ac.za/courses/c-12/2018-5010.html