Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Pretdraf – Veldtrap met woorde
Begin: 03/03/2018, 07:00
Einde: 03/03/2018, 10:00
Kontak:Heidi - 021 808 9265
Plek: Coetzenburg
Bring jou familie, vriende, honde! Trek die longe vol vars lug en strek die bene. Kom draf of stap Stellenbosch se mooiste bergroetes. Daar is volop bonusse: Met die 6 km Japtrap en die 8 km Veldtrap is daar nie net hope pryse om te wen nie, jy gaan nuwe vriende maak en boonop unieke woorde leer. 

Deelnemers kry met registrasie ’n Afrikaanse woord pleks van ’n nommer, en ’n spekboom-medalje by die eindpunt. Skryf aanlyn in op www.veldtrap.co.za of by Coetzenburg op 3 Maart vanaf 07:00.
  • Vir meer inligting kontak gerus heidi@veldtrap.co.za.