Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
GESPREK OOR FEESTE IN SUID-AFRIKA EN DIE VERENIGDE STATE
Begin: 08/03/2018, 12:30
Einde: 08/03/2018, 14:00
Kontak:Natasha Coltman - 021 8083691
Plek: University Museum

UITNODIGING

 

Die Universiteit Stellenbosch Museum, in samewerking met die Woordfees en die Michigan Staatsuniversiteit-geïnisieerde Alliansie vir Afrika-vennootskappe, nooi u uit na 'n middagetegesprek getiteld Festivals in South Africa and the United States.

 

Datum:            8 Maart 2018

Tyd:                 12:50–14:00

Plek:                Universiteit Stellenbosch Museum, Ryneveldstraat 52, Stellenbosch-Sentraal

 

RSVP:               Me Natasha Coltman by ncoltman@sun.ac.za

Toegang tot die geleentheid is gratis. Verversings en wyn word ná die bespreking bedien.

 

SPREKERS

Prof Kurt Dewhurst, Michigan Staatsuniversiteit, Verenigde State

PROF C KURT DEWHURST dien as direkteur van kuns- en kultuurinisiatiewe en is senior genoot van universiteitsuitreik en -betrokkenheid aan die Michigan Staatsuniversiteit. Hy is direkteur emeritus van die Michigan Staatsuniversiteitsmuseum, kurator van volkslewe en kultuurerfenis, en professor in Engels. Prof Dewhurst bestuur en koördineer 'n verskeidenheid kuns- en kultuurprogramme vir die Michigan Staatsuniversiteit. Hy is die skrywer en medeskrywer van verskeie boeke, artikels en uitstallingskatalogusse en was die kurator van meer as 60 uitstallings en feesprogramme. Hy is een van die stigters van die Great Lakes Folk Festival en doseer kursusse in volkslewe, materiële volkskultuur en museumstudies. Hy tree op as adviseur vir die Nelson Mandela-museum, die Ahmed Kathrada-stigting en die Desmond en Leah Tutu-nalatenskapstigting. Hy tree ook op as adviseur vir nasionale erfenis- en kultuurstudies aan die Universiteit van Fort Hare. In die afgelope dekade koördineer hy 'n belangrike kultuurerfenis-opleidingsprogram in Suid-Afrika en was medekurator van uitstallings soos Dear Mr Mandela, Dear Mrs Parks: Children's Letters, Global Lessons (in Suid-Afrika en die VS) en Ahmed “Kathy" Kathrada: A South African activist for non-racialism and democracy in die VS. Hy ontvang 'n Fulbright-toekenning van die Universiteit van die Witwatersrand, waar hy behulpsaam was met die herontwikkeling van die museum vir antropologie.

 

Mnr Ismail Mahomed, Markteater-stigting, Suid-Afrika

 

MNR ISMAIL MAHOMED is die hoof uitvoerende beampte van die Markteater-stigting (www.markettheatre.co.za) en was vantevore die artistieke direkteur van die Nasionale Kunstefees (www.nationalartsfestival.c.za). Mnr Mahomed is 'n veelbekroonde kunsadministrateur wat meer as 30 jaar lank in die Suid-Afrikaanse kunssektor as gepubliseerde skrywer, teaterdirekteur en kultuurleier werk. Hy dien op die rade van verskeie kunsorganisasies in Suid-Afrika, en het 'n spesifieke belangstelling in die bevordering en verruiming van toegang tot die kunste. Hy het meer as 30 lande besoek waar hy aan seminare en forums oor die Suid-Afrikaanse kunssektor deelgeneem het.

 

Prof Marsha MacDowell, Michigan Staatsuniversiteit, Verenigde State

 

PROF MARSHA MACDOWELL is kurator van die Michigan Staatsuniversiteitsmuseum en professor in die Departement Kuns, Kunsgeskiedenis en -ontwerp aan die Michigan Staatsuniversiteit. As 'n volkskunsgenoot van die Amerikaanse volkskunsvereniging lei sy werk wat, na ontwerp en filosofie, met die medewerking van gemeenskapsgebaseerde en akademiese vennote ontwikkel en geïmplementeer word om aktuele kwessies aan te pak. Alhoewel 'n groot deel van haar werk in die VS gebaseer is, werk prof MacDowell ook nou saam met SA kollegas in kultuurerfenis wat 'n verskeidenheid projekte betref.