Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Geniet die Kaapstad Colour Run
Begin: 17/02/2018, 08:00
Einde: 17/02/2018, 10:00
Kontak:Ricardo Steyn -
Plek: Stellenbosch High School. Jannasch Road, Stellenbosch

Geniet 'n prettige dag en gee jou gesondheid 'n hupstoot by die Colour Run op Saterdag 17 Februarie.

Medihelp, wat die Colour Run borg, bied 50 gratis kaartjies aan. Dit bied toegang vir die dag met vouchers vir eetgoed en drinkgoed in die Medihelp tent. Stuur 'n e-pos na rzsteyn@sun.ac.za om 'n maksimum van twee kaartjies te ontvang - dui asseblief aan of jy een of twee kaartjies benodig.  Jy sal 'n e-pos ontvang om jou te laat weet indien jy kaartjies ontvang het.

Daar is verdere goeie nuus vir alle Medihelp-lede, wat hier aanlyn kan registreer vir Healthprint en so ook kwalifiseer vir gratis toegang vir die Color Run. Dit sal vir alle afhanklikes van die gesin geld. Die lid kan registreer, 'n wagwoord byvoeg, en dan vir die Colour Run registreer. Jy moet elke afhanklike ook register, maar mag dieselfde e-pos adres en wagwoord hiervoor gebruik.

Vir verdere inligting oor die Colour Run, kliek hier.