Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Elke bietjie tel

​​​Personeellede, studente en ouers kan die Universiteit Stellenbosch (US) ondersteun sonder dat dit hulle 'n sent kos. Gebruik jou MySchool-kaart wanneer jy inkopies doen by enige van verskeie deelnemende kleinhandelaars landwyd en 'n persentasie van jou aankope sal aan die US geskenk word.

MySchool / MyVillage / MyPlanet is Suid-Afrika se grootste gemeenskapsonder-steuningsprogram wat fondse insamel vir skole en ander organisasies en sodoende opvoedkundige en maatskaplike ontwikkeling bevorder.

Hoe werk dit?

  1. Kry 'n gratis kaart aanlyn of skakel 0860 100 445. Jy kan ook by enige Woolworths-winkel 'n kaart kry. 
  2. Nomineer die Universiteit Stellenbosch as jou begunstigde. 
  3. Gebruik jou kaart wanneer jy aankope doen by onder meer Woolworths, Engen Quickshops, Toys R Us, Waltons, Reggie's, kalahari.com en Power24. 
  4. Die vennoot sal 'n persentasie van jou transaksie aan jou begunstigde skenk.

Boonop sal jy eksklusiewe afslag en spesiale aanbiedings ontvang van uitgesoekte vennote soos WRewards by Woolworhts. Jy sal ook 'n maandelikse staat per e-pos ontvang wat jou op hoogte hou van jou inkopies en hoeveel daar vir die US ingesamel is. 

Vir meer inligting besoek www.myschool.co.za of stuur 'n e-pos na cs@myschool.co.za of skakel 0860 100 445.