Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Internationale Stelsel Dinamika Konferensie 2015
Outeur: SPL Marketing/Bemarking
Gepubliseer: 12/08/2015

​Dr Josephine Kaviti Musango het die 33ste Internasionale Konferensie van die "System Dynamics Society" bygewoon wat gehou is in Cambridge, Massachusetts, VSA op 19-24 Julie 2015. Sy het 'n referaat gelewer in 'n parallelle sessie getiteld "n Stelsel dinamika model van die individuele besluite van 'n gesalarieerde werknemer wat spaar vir aftrede", waarvan Prof Johann U. de Villiers van die Departement Ondernemingsbestuur en Prof Alan C. Brent van Bedryfsingenieurswese die medeskrywers was. A plakkaat  referaat getiteld "'n Stelsel dinamika benadering om die implikasies van 'n groen ekonomie oorgang in die Wes-Kaap Provinsie te verstaan" is ook aangebied, waarvan sy die medeskrywer was saam met Prof Alan C.  Brent, ses studente van Bedryfsingenieurswese naamlik: Jacobus B. Smit van Niekerk, Willem D. Jonker, Aliza P. Pienaar, Theodore A. York, Juan Oosthuizen en Lize Duminy; en Imke H. de Kock, 'n dosent van Bedryfsingenieurswese.

Tydens die werkswinkel, het Dr Musango ook deelgeneem aan die "South Africa System Dynamics (SASD) Chapter (www.systemdynamics.org.za) Roundtable" wat gehou is op 21 Julie 2015. Sy dien as Organisering Sekretaris van SASD. Sy was ook die voorsitter van 'n gesamentlike sessie by die konferensie.

Die konferensie is bygewoon deur 466 deelnemers van 45 verskillende lande. Suid-Afrika het 11 deelnemers gehad (2.4%), waarvan 7 van die Universiteit Stellenbosch was.

************************************************

In die foto, van links na regs:

Prof Alan Brent, Theodore York, Imke de Kock, Dr Josephine Musango, Willem Jonker and Jacobus Smit van Niekerk.