Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tien SAAFoST beurse toegeken aan MATIES
Outeur: A Lombard
Gepubliseer: 19/02/2015

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Voedselwetenskap  en Tegnologie (SAAFoST/SAVVoT) het onlangs die SAAFoST Stigting tot stand gebring wat voortaan namens SAAFoST alle akademiese pryse, toekennings en beurse sal administreer.

In 2015 sal die SAAFoST Stigting altesaam 19 studente van verskeie tersiêre instellings in Suid-Afrika,wie Voedselwetenskap en Tegnologie studeer, finansieël ondersteun. Die Departement Voedselwetenskap, is baie trots om aan te kondig dat tien van hierdie waardige ontvangers studente aan US is. Die akademiese uitblinkers is: Caroline Bursey, Stephanie Phelps, Christine van Niekerk, Carin-Marie Engelbrecht, Kayla-Anne Jordaan, Kristin Mapstone, Emma Phillips, Celia Walters, Alexandra Rust, and Jani Bisschoff.

 Lees meer oor SAAFoST deur hierdie skakel te volg.

http://www.saafost.org.za/