Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
2015 - Internasionale Jaar van Gronde - Gesonde gronde vir 'n gesonde lewe
Outeur: AG Hardie
Gepubliseer: 13/02/2015

​Die Voedsel- en Landbou -organisasie van die Verenigde Nasies (FAO) het besluit om 2015 as die Internasionale Jaar van gronde te benoem: http://www.fao.org/soils-2015/en/.

Die Internasionale Jaar van Gronde het ten doel om 'n platform vir die verhoging van bewustheid van die belangrikheid van grond vir voedselsekerheid en noodsaaklike ekosisteem funksies te wees .

Die FAO beraam dat 'n grondoppervlakte so groot soos Costa Rica, elke jaar verlore gaan weens faktore soos erosie , kompaksie en verbrakking. Een-derde van die wêreld se grond is reeds in `n baie swak toestand, dikwels in die lande wat dit die minste kan bekostig dat hulpbronne verlore kan gaan. Wanneer die grond se kwaliteit afneem so kan minder mense daarop staatmaak. Besoedeling neem toe en gewasopbrengste en menslike gesondheid gaan agteruit.

Op een of ander manier moet navorsers `n manier uitvind hoe die produsente van die toekoms met minder landbougrond tot hul beskiking `n toenemende bevolking gaan voed. Die oplossings moet alle kostes in agneem, want wat in die laboratorium werk, sal nie noodwendig in die veld as `n grondbehandeling werk nie. `n Bewaringsbenadering is te duur vir die mense wat dit die nodigste het.

Die Departement Grondkunde (US) het 'n sterk navorsingsfokus op die verbetering van die kwaliteit van grond en maak die beste van beperkte vars water hulpbronne in die Suid -Afrikaanse landbou gebruik. Ons het 'n aantal projekte op die optimalisering van besproeiingsbestuur in vrugte produksie, en ondersoek ook die kwessie van verbrakking van riviere in die Wes-Kaap as gevolg van droëland landbou-aktiwiteite. Verder is verskeie projekte uitgevoer op die effek van landbou bestuurspraktyke op die kwaliteit van grond, asook op die effek van grondgebruik om organiese koolstofvoorrade en stabilisering te bewerkstellig. Vir meer inligting , besoek ons departement se navorsing webblad : http://www.sun.ac.za/english/faculty/agri/soil-science/research​.