Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US grondkunde navorsers ontvang 'Beste Innoverende Nuwe Tegnologie Toekenning'
Outeur: AG Hardie and A Rozanov
Gepubliseer: 13/02/2015

​Grondkundiges van die Universiteit Stellenbosch, dr Andrei Rozanov en me Liezl Wiese (PhD kandidaat) het onlangs saam ʼn toekenning van die Grondkundevereniging van Suid-Afrika ontvang. Hulle het die prys vir " Beste Wetenskaplike Referaat oor Innoverende Nuwe Tegnologie" by die Gesamentlike Kongres 2015 van die Suid-Afrikaanse Grondkunde-, Hortologie-, Agronomie- en Onkruid Wetenskap verenigings in Tramonto , George in Januarie 2015 ontvang.

Dr Rozanov met mede-outeurs (L Wiese en I Ros ) se referaat oor "Grond organiese materiaal : konstante , veranderlike en onbekende" het op 'n statistiese makroskaalmetode die C-inhoud en bulkdigtheid van grond se organiese materiaalinhoud gemoniteer. Die benadering sal verdere insigte aangaande organiese materiaal ontbinding en die dinamika daarvan in die grond gee.

Me Wiese met mede-outeurs (I Ros , A Rozanov , WP de Clercq en T Seifert ) het 'n referaat oor "Grondkoolstofboekhouding in KZN se Midlande met behulp van vertikale verspreidingsfunksies" gelewer. Sy het 'n nuwe benadering tot die grondkoolstofboekhouding voorgestel wat tot die vereenvoudiging van die prosesse sal aanleiding gee en ook tot die vermindering van die aantal monsters sodat die koolstofvoetspoor 'n integrale deel van die benadering kan uitmaak.​