Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties open rekening in Varsity Cup
Outeur: Korporatiewe Bemarking/ Corporate Marketing
Gepubliseer: 12/02/2015

Die FNB Maties het Maandagaand hul rekening in die FNB Varsitybeker, aangebied deur Steinhoff International, met drie kosbare ligapunte geopen.

Die manne in maroen het mooi terugbaklei nadat FNB UCT vroeg reeds gaan druk het en met rustyd was die telling gelyk 8-8. Die maroentruie het in die tweede helfte kookwater rugby opgedis en met die telling 32-16 vir die Maties, het dit gelyk asof hulle die wedstryd beklink het. Twee drieë deur die Ikeys het egter die telling weer gelyk gemaak en ongelukkig kon plaasvervanger-losskakel Brandon Thompson nie met 'n strafskop in die laaste minuut die oorwinning beklink nie.

Komende Maandag speel die Danie Craven stadion gasheer vir die NWU-Pukke en dit beloof om ʼn klipharde wedstryd te wees. Met die afskop wat eers om 19:00 is en dag-kaartjies reeds by Van Schaiks en Webtickets beskikbaar gaan die besoekers gereed moet wees vir ʼn see van maroen-ondersteuning!