Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Francois Olivier ryg akademiese pryse in!
Outeur: A Lombard
Gepubliseer: 27/11/2014

​Ons is trots om aan te kondig dat 'n Voedselwetenskapstudent die volgende toekennings ontvang het.

'n Rektorstoekenning vir uitstaande Akademiese prestasie - Top student in die AgriWetenskap Fakulteit met 'n gemiddelde van 83% vir sy finale studiejaar.

SAAFoST Akademiese Prestasie toekenning vir die student met die hoogste gemiddelde persentasie (79%) oor 'n 4 jaar tydperk tydens sy voorgraadse studies.

Francois is tans besig met 'n MSc in Voedselwetenskap.