Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Theresa Beelders doen dit weer!
Outeur: A Lombard
Gepubliseer: 24/10/2014

​Theresa Beelders is weer eens vereer vir haar navorsing. By die afgelope 62ste Internasionale kongres en jaarvergadering van die Vereniging van Medisinale Plant en Natuurlike produknavorsing, gehou in Portugal. 

Sy was een van vier ontvangers van die 'jong navorser' toekennings vir beste mondelinge aanbieding. Die titel van haar aanbieding was "Cyclopia genistoides (Honeybush) - a rich source of bio-active xanthones and benzophenones". 

Theresa is tans 'n tweede jaar PhD-student onder leiding van Prof Lizette Joubert en Dr Dalene de Beer by die LNR se Na-Oes- en Wyntegnologie afdeling.