Tydens die vorige SAVVoT vergadering op Stellenbosch, is Kate Turner aangewys as die beste eerstejaar student van 2013. Nick Starke het ter nagedagtenis aan Jan Hofmeyr (een van die eerste Voedselwetenskap gegradueerdes van Departement Voedselwetenskap, US) 'n boekprys vir hierdie prestasie geskenk. Dr Gunnar Sigge het die prys oorhandig.