Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Optimalisering van kleinboer produksie stelsels in Limpopo lei tot 10-vou toename in inkomste
Outeur: AG Hardie & WP de Clercq
Gepubliseer: 13/02/2014

Die fokus van die EAU4Food Projek is op die verlaging van die omgewings impak van kleinboere, en tesame daarmee die verhoging van die winsgewendheid van kleinboer ondernemings. Hierdie trans-dissiplinêre projek word tans uitgevoer in die landelike Giyani-distrik, Limpopo Provinsie, Suid-Afrika. Die kleinboere van die streek het hul behoefte om verhoogde water produktiwiteit, beter kunsmisbestuur en beter toegang tot markte, sterk aangedui. Dus was die hoofdoel van hierdie studie om deur die aanpasbaarheid van kleinboere, hul lewensstandaard te verhoog, met behulp van innoverende tegnologie, veral t.o.v. die optimalisering van water- en kunsmisgebruik .
Tamatie proewe was uitgevoer op twee plase, Zava Cooperative Garden en Mzilela Cooperative Garden, naby Giyani oor 'n tydperk van twee jaar 2012-2013. Die proewe is uitgevoer deur 'n MSc-student, mnr. Cou Pienaar, van die Departement Grondkunde, US, onder die leiding van Dr Willem de Clercq. Die proewe het die boere se tradisionele tamatie gewasproduksiestelsels en ook nuwe innoverende tegnologie (nuwe kultivars, plaagbeheer, geskeduleerde besproeiing , bedekking , kunsmis programme wat gebaseer is op grond van chemiese ontleding) geëvalueer. Verder was die produksie evaluering sagteware, MonQI, gebruik om beste praktyk op die plase te evalueer.
Tamatie opbrengste, vruggehalte en water produktiwiteit was baie laag in die tradisionele boerderypraktyke soos  gebruik deur die kleinboere. Verbeterde bestuur praktyke, soos grond voedingstofbestuur, nuwe tamatiekultivars, grondbedekking en geskeduleerde drupbesproeiing is in die 2 en 3 seisoene van tamatie proewe bekendgestel. Resultate het getoon dat die tamatieoes toegeneem vanaf 'n gemiddeld van 26.5 ton/ha tot 120.9 ton/ha (vergelykbaar met dié van ZZ2) en water produktiwiteit het ook 4-voudig toegeneem. Diep dreinering en gevolglike water verliese uit die wortelsone het afgeneem a.g.v. beter besproeiingsbestuur.
Die netto finansiële inkomste (NFI) van die boere het toegeneem vanaf 'n gemiddelde van R 3 754 tot R 42 486, as gevolg van die hoër gehalte tamaties wat  verkoop kon word aan die Spar-supermark in Giyani. Die studie het bevind dat 'n groot verbetering in opbrengs, water produktiwiteit en NFI, haalbaar en volhoubaar is onder kleinboere in die Giyani-gebied en dat hulle gesamentlik 'n sterk mark krag kan word.​