Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nagraadse Grondkundestudente ontvang toptoekennings by Gesamentlike Kongres 2014
Outeur: AG Hardie
Gepubliseer: 06/02/2014

Die Gesamentlike Kongres 2014 van die grond- en plantwetenskaplike verenigings van Suid Afrika (GVSA, SAVG, SAVT en SAVO) in van 20-23 Januarie by Rhodes Universiteit, Grahamstad, gehou. 

Dit is deur ʼn rekordgetal van 388 afgevaardigdes van reg oor Suidelike Afrika bygewoon. Die tema van die kongres was "Bevorder Volhoubare Landbouproduksie Saam", met die doel om die gaping tussen die akademie, bedryf en die regering te oorbrug. 

Vier afgevaardigdes van die Departement Grondkunde het die Gesamentlike Kongres bygewoon: Dr Ailsa Hardie en drie van haar nagraadse studente, me Makhosazana Sika (PhDAgric), ,nr Jacques Smith (MScAgric) en mnr Naudé Smith (MScAgric).  

Die nagraadse studente se mondelinge aanbiedings is baie goed ontvang en die nagraadse studente het al die grondkundetoekennings wat vir jong navorsers by die kongres beskikbaar was, ontvang. 

Mnr Naudé Smith het die Grondkunde-vereniging van Suid Afrika (GVSA) se toekenning vir die beste artikel deur ʼn navorser onder 30 jaar ontvang vir sy aanbieding: “Effect of compost and foliar sprays on rooibos tea growth and yields”. Mnr Jacques Smith het die Omnia Nutriologie-toekenning vir die artikel deur ’n student in Grondkunde ontvang vir sy aanbieding: “The effect of long-term conservation agriculture on soil organic matter functional pools (W.Cape, RSA)”. 

Die toekennings sluit ook ʼn kontantprys in van R 2 000 elk. ​