Kontak:Natasha Alberts
- (021) 808 3751
Plek: Centre for Teaching and Learning
FINLO/FIRLT
VERSOEK VIR VOORLEGGINGS VIR FINLO/FIRLT
22 Mei 2015
Die Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (FINLO) is in 2005 gevestig om dosente te ondersteun in hul onderrigrol en om 'n positiewe bydrae tot die bevordering van leer en onderrig aan die US te maak.
Hoe om vir FINLO aansoek te doen:
Enige dosent, groep dosente of Sentrum wat verantwoordelik is vir onderrig en leer kan aansoek doen. Voorleggings van nie langer as 5 bladsye nie moet teen bogenoemde sluitingsdatum ingedien word.
Riglyne en elektroniese aansoekvorms is beskikbaar by:
http://www0.sun.ac.za/ctl/af/toekennings-befondsing/finlo/
Ondersteuning vir FINLO word aangebied deur die SOL adviseur in u fakulteit of enige van die komiteelede soos gelys op die webblad.
Daar word van sukesvolle FINLO applikante verwag om hul navorsingsresultate intern aan te bied ten einde 'n bydrae te lewer tot die akademieskap van onderrig en leer aan die US. Suksesvolle applikante word ook aangemoedig om hul navorsingsresultate in nasionale en internasionale joernale te publiseer.
Datum: 22 Mei 2015
Tyd:
Rig alle navrae en stuur voorstelle aan:
Navrae: Natasha Alberts, Tel: (021) 808 3751, e-pos: finlo@sun.ac.za