Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#IdeasForChange voedselsekuriteit-uitdaging: Stellenbosch se toekoms bereik nuwe hoogtes

​Stellenbosch Netwerk se vyfde #IdeasForChange uitdaging fokus op hoe ons die manier waarop aan ons voedselsekuriteit dink, te revolusioneer om mense te inspireer om met innoverende idees en entrepreneurskap-verwante idees na vore te kom.  Skryf jou idee in en kry die kans om jou deel van R30 000 in kontantpryse te wen. Hierdie hupstoot kan jou help om jou idee tot lewe te bring.

In die hartjie van Stellenbosch kan 'n mens verandering in die lug aanvoel. Stellenbosch was nog altyd aan voorpunt van van Suid-Afrika se mees transformerende inisiatiewe en het oor die jare baie innoverende idees ontwikkel om die dorp te help om 'n volhoubare toekoms vir sy inwoners te verseker. Hierdie inisiatiewe skep die basis vir volhoubaarheid binne gemeenskappe soos Stellenbosch. In hierdie sinergie verhoog mense se lewensgehalte, wat 'n diepgaande en positiewe impak in die hele streek bewerkstellig.

Om visioenêre entrepreneurs te identifiseer en op te hef, bied Stellenbosch Netwerk vanjaar die #IdeasForChange voedselsekerheid-uitdaging aan, in vennootskap met die Landbouvolhoubaarheid-onderwyslaboratorium en die Departement van Wetenskap en Innovasie se Streeksinnovasie-ondersteuningsprogram (RISP). Hierdie sinergie van denke en kundigheid poog om innoverende oplossings te identifiseer, te koester en te vier om voedselsekerheidsuitdagings eie is aan Stellenbosch op 'n kreatiewe manier aanspreek.

Met die kompetisie wil Stellenbosch Netwerk help om die ontwikkeling van innoverende idees, sakemodelle, prosesvloeie en tegnologie bloot te lê en te ondersteun met die potensiaal om voedselsekerheid en die lewensgehalte van inwoners te verbeter, die sosiale en omgewingsimpak van vinnige stedelike ontwikkeling te verminder en die volhoubaarheid van plaaslike ekosisteme — waarvan Stellenbosch afhanklik — te verseker.

Ons voedselsisteem onder druk

Te midde van die ontluikende klimaatkrisis – wat duidelik te sien is in die toenemende voorkoms van droogtes, vloede en temperature van uiterstes – is die Suid-Afrikaanse voedselstelsel onder druk om meer gesonde kos vir meer mense te produseer, sonder om die omgewing te skaad. Kos is nie net kos nie; dit is 'n draad wat families, vriende en gemeenskappe saambind. Ongelukkig het baie mense in ons land steeds nie toegang tot voedsame en bekostigbare maaltye nie.

Voedselsekerheid verwys na die toestand waar alle mense te alle tye fisiese, sosiale en ekonomiese toegang het tot voldoende, veilige en voedsame voedsel wat aan hul dieetbehoeftes en voorkeure vir 'n aktiewe en gesonde lewenswyse voldoen. Dit is uiters noodsaaklik dat mense betroubare toegang tot 'n voldoende voorraad voedsel het sonder om hul welstand in te boet.

Voedselsekerheid is noodsaaklik vir die verwesenliking van florerende gesinne, samelewings en ekonomieë in Suid-Afrika. Ons verwelkom alle kreatiewe en innoverende idees wat sal help om voedselsekerheid te verbeter en doeltreffende voedselstelsels in Stellenbosch rondom die volgende temas te ontwikkel:​
• Agri-tegnologie

• Oplossings vir voedsel-afval

• Voesel-logistiek

Wie mag inskryf?

Enige iemand wat leef, werk en/of studeer in Stellenbosch en sy omringende gebiede, of enige besigheid/inisiatief in die Stellenbosch-omgewing, kan aan die uitdaging deelneem.

Kategorieë vir inskrywings​

1. Nuwe idee:

Hierdie kategorie is vir potensiële entrepreneurs en innoveerders wat nie 'n gevestigde besigheid besig nie, 'n goeie idee het wat besigheidsin maak. Hierdie idees moet innoverend en finansieël volhoubaar wees, en daarop gemik wees om werklike kwessies op te los wat verband hou met die verbetering van voedselsekerheid in Stellenbosch. Bestaande of operasionele besighede mag nie in hierdie kategorie ingeskryf word nie.

2. Bestaande besighede/inisiatiewe:

Hierdie kategorie is vir bestaande besighede wat digitale en/of tegnologie-gebaseerde oplossings bied om voedselsekerheid in Stellenbosch te verbeter. Hierdie besighede kan formeel of informeel wees, en winsgewend of nie-winsgewend. Ongeag die aard van kwalifiserende besighede, moet hierdie besighede inkomste genereer en die potensiaal hê om selfonderhoudende entiteite te word. Die besighede moet nie van skenkers afhanklik wees nie (bv. liefdadigheidsorganisasies), of 'n eenmalige projek binne 'n bepaalde tydraamwerk wees nie.

Skryf hier in

Stellenbosch Netwerk:

Stellenbosch Netwerk is 'n kruissektorale en interdissiplinêre lidmaatskaporganisasie wat mense uit die industrie, regering, samelewing en akademie bymekaar bring met die doel om idees uit te ruil, verbintenisse te bevorder en samewerking en vennootskap aan te moedig om inklusiewe ekonomiese groei vir die groter Stellenbosch-area te bewerkstellig.

Die Landbou Volhoubaarheidsonderwys Laboratorium:

Die Landbou-volhoubaarheid-onderwyslaboratorium is 'n landbou-innovasie-ekosisteem-instaatsteller wat geposisioneer is vir bewustheid, vaardigheidsontwikkeling (d.w.s. kommunikasie, samewerking en kritiese denke). Dit is ook 'n agentskap vir volhoubare stelseloorgange in die landbousektor. Dit is 'n pedagogies inklusiewe, multi-dissiplinêre en kruis-nasionale omgewing wat samewerkende ondersoek en momentum in 'n volhoubare en veerkragtige landbousektor moontlik maak.