Die jaarlikse opname van die 2023 navorsingspublikasie-uitsette vind weereens plaas via die sg “Research Administration" (RA) navorsingsinligtingstelsel en die stelsel is oop vir die vaslegging van die 2023- navorsingspublikasie-uitsette.
U word vriendelik daaraan herinner dat vir subsidiedraende uitsette, alle ondersteunende materiaal voortaan op die RA stelsel opgelaai moet word.
Die sluitingsdatum vir hierdie indiening is Maandag 22 Januarie 2024 waarna die RA stelsel gesluit sal word en geen verdere uitsette ingevoer sal kan word nie.
Navrae kan gerig word aan u departementele verteenwoordiger of kontak
me Daléne Pieterse, tel: 021 808 3557, e-pos: mver@sun.ac.za;
Whitney Prins, Tel: 021 808 9971, e-pos: whitney@sun.ac.za of
me Felicia Mc Donald, tel: 021 808 2581, e-pos.: fmcdonald@sun.ac.za by Afdeling Navorsingsontwikkeling.