Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nadoktorale Genootskap: Ton en Anet Vosloo-Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk

Nadoktorale Genootskap
Ton en Anet Vosloo-Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk

​Projektitel: Die Realiteit van Revisie

Navorsingsomvang: Hierdie navorsing is gesetel binne die Taalpraktyk en behels ʼn analitiese beskrywing van die term revisie in die breedste omvang. Dit dek aspekte soos redigering van oorspronklike en vertaalde tekste, die redigering van masjienvertaalde tekste, en die herskryf van tekste in gewone taal. Die nadoktorale genoot sal die geleentheid hê om hulle eie navorsing te doen, maar ook om as lid van ʼn redaksiespan van ʼn boek met die titel The Reality of Revision te werk, en ook om studieleiding op honneursvlak te doen.

Hierdie genootskap is in die Departement Afrikaans en Nederlands gesetel binne die Ton en Anet Vosloo-Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk. Die suksesvolle applikant sal 'n vol nadoktorale beurs van die gasdosent ontvang.

Gasdosent: Hierdie projek sal gesamentlik hanteer word deur prof Ilse Feinauer en die suksesvolle kandidaat.

Vereistes:

  • PhD (voltooi binne die afgelope vyf jaar)
  • Kennis van redigeer- en vertaalteorie
  • Vermoë om in Engels en Afrikaans te skryf

 Aanbeveling:

  • Redaksionele vaardigheid


Neem asb. kennis dat nadoktorale genote nie as werknemers aangestel word nie en dus nie werknemervoordele geniet nie. Die nadoktorale beurs is belastingvry.

Aanvang van pligte: 1 Oktober 2023 of so spoedig moontlik daarna.

Dien aansoeke teen 18 September 2023 by aef@sun.ac.za in.  Sluit die volgende by die aansoek in:

  1. 'n Dekbrief wat jou belangstelling in die projek beskryf en stel wanneer jy diens kan aanvaar
  2. 'n Projekvoorstel wat aandui hoe jy tot hierdie projek kan bydra (artikels, hoofstukke vir boekprojek, redaksionele diens, ens.)
  3. 'n CV en publikasielys
  4. Naam en kontakbesonderhede van minstens 3 referente

Ons behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.​