Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Doen aansoek vir toesighou-diens tydens die Nov 2023 assesseringsperiode

​DOEN AANLYN AANSOEK VIR TOESIGHOU-DIENS TYDENS DIE NOVEMBER 2023 ASSESSERINGSPERIODE BY UNIVERSITEIT STELLENBOSCH (US)
Die assesseringsperiode vind plaas vanaf Maandag, 30 Oktober tot Vrydag, 08 Desember 2023.
Die aanlyn aansoekproses is tans oop en sluit outomaties op Vrydag, 22 September 2023 om 16:30.
Aansoekvorms is slegs aanlyn beskikbaar. Geen harde kopie aansoekvorm is beskikbaar nie.
Aansoekers moet asseblief alle afdelings van die aanlynaansoekvorm volledig invul voor óf op die sluitingsdatum.
Slegs persone buite die Universiteit (eksterne persone) kan aansoek doen.
Die kwalifikasie vereiste is Matriek.
Vergoeding beloop R250 per assesseringsessie/ R300 per ekstra skryftyd assesseringsessie vir toesighouers en R350 per assesseringsessie / R400 per ekstra skryftyd assesseringsessie vir senior toesighouers.
Suksesvolle aansoekers moet
•    die volle duurte van verpligte opleiding- en informasiesessies bywoon.
•    Vir die volle duurte van die assesseringsperiode beskikbaar wees (30 Oktober tot 08 Desember 2023).
Kontak mnr Gary Kirsten by garyk@sun.ac.za  om die skakel tot die aanlyn aansoek proses te ontvang en vir verdere navrae.