Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Oorbodige meubels tenderveiling

​Die Universiteit Stellenbosch bied 'n verskeidenheid oorbodige meubels te koop aan. Belangstellendes kan die items wat te koop is by die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, besigtig vanaf Dinsdag, 20 September tot Woensdag, 21 September 2022 tussen 09:00 – 16:00.

Tenders moet in verseëlde koeverte, wat beskikbaar is by Aankope indien: Aankope & Voorsieningsdienste; Aankope Gebou, Merrymanlaan (Valboom-kode: 9840#).

Die volgende inligting moet duidelik op die verseëlde tenderkoevert aangedui word:

·         Naam van tenderaar

·         Tendernommer (US TV3/2022)

·         Sluitingsdatum van tender: Woensdag, 21 September 2022 om 16:30

Tenderaars moet duidelik spesifiseer vir watter item hulle tender, deur gebruik te maak van die item nommer. Tenderaars moet tender per item nommer. 

Indiening van Tender US TV3/2022 sluit om 16:30 op Woensdag, 21 September 2022.

Suksesvolle tenderaars sal voor of op Woensdag, 21 September 2022 ingelig word ten opsigte van die items waarvoor suksesvol getender is, asook die betrokke bedrag wat betaalbaar is.  Suksesvolle tenderaars moet op die laatste teen Donderdag, 22 September 2022 die geïdentifiseerde bedrag by die US Kassiere inbetaal, Admin A gebou Reyneveldstraat Stellenbosch.  Items sal slegs beskikbaar gestel word met die voorlegging van 'n amptelike US-kwitansie verkrygbaar na betaling by Kassiere. Alle items moet teen Vrydag, 23 September 2022 verwyder word.

Enige verdere navrae met betrekking tot die tenderveiling kan gerig word aan Me L Cilliers by 021 808 4506.