Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch Universiteit studente: dis tyd vir Innovation Showdown

​Stellenbosch Universiteit LaunchLab nooi ons innoverende en kreatiewe studente uit om deel te neem aan Innovation Showdown: 'n kompetisie vir geregistreerde studente om hul bestaande besighede of sake-idees in te skryf. Jy sal nie net kontant en ander pryse kan wen nie, maar iets spesiaals: spogregte en 'n trofee vir die mees innoverende en entrepreneuriese studentekluster.

Inskrywings het op 11 April geopen en sluit op 5 Augustus 2022 om 23h59.

Leana Kotze, besigheidsontwikkelingsbestuurder by US LaunchLab, sê daar is twee kategorieë vir inskrywings. Jy kan 'n innoverende besigheidsidee inskryf wat nog nie ontwikkel is en inkomste genereer nie of 'n bestaande besigheid wat tans bedryf word, inskryf.

"Studente mag meer as een besigheidsidee of besigheid in enige van hierdie twee kategorieë inskryf, maar slegs een idee of besigheid sal deurgaan na die finale rondte," sê Kotze. Die geselekteerde studente sal drie werkswinkels saam met die US LaunchLab bywoon om hul entrepreneuriese vaardighede te ontwikkel, hulle te help om hul besigheid te laat groei en hulle voor te berei vir Innovation Showdown.

"Finaliste sal hul besighede en idees voor 'n paneel van beoordelaars en voor 'n lewendige gehoor by 'n hibriede geleentheid op 30 Augustus 2022 kan aanbied," sê Kotze. Elke aanbieding sal slegs 3 minute lank wees, gevolg deur die beoordelaars se 3 minute-lange vraesessie.

Alle kategoriewenners sal R7 000 kontant ontvang en 'n uur-lange besigheidsmentorskapsessie met die US LaunchLab. “Die kluster met die hoogste puntetelling in Innovation Showdown wen 'n trofee vir die mees innoverende kluster, die spogregte wat daarmee saamgaan en R 3 000," het Kotze bygevoeg.

Klik hier vir meer inligting oor die Innovation Showdown.