Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Beurtkrag Fase 6


Beste kollegas en studente

Eskom se uitvoerende hoof, Andre de Ruyter, het gister aangekondig daar is 'n goeie kans dat die kragvoorsiener gedwing kan word om fase 6-beurtkrag op Dinsdag, 28 Junie in te stel weens 'n aansienlike verswakking van sy kragopwekkingsvermoë oornag. Soos ons nou weet, was dit inderdaad die geval.

Fase 6 verdubbel die frekwensie van kragonderbrekings in teenstelling met fase 3. Dit beteken onderbrekings word oor tydperke van vier dae vir vier ure op 'n slag geskeduleer.

In die lig hiervan moet ons energie bespaar, aangesien dit 'n beduidende impak op die voorsiening van diesel sal hê. Ons lig graag alle personeel en studente op kampus in dat daar slegs opwekkingskapasiteit beskikbaar sal wees by noodsaaklike (SET-fakulteit) geboue vanaf 17:00 op die dae wat ons fase 4–6 beurtkrag het. Op hierdie dae sal nie-noodsaaklike geboue (lys sal versprei word) geen elektrisiteit vanaf 17:00 hê nie.

Eskom het nog nie aangekondig hoe lank fase 6 sal duur nie. Bykomende maatreëls wat nodig is om hierdie risiko te hanteer, sal aangekondig word sodra ons verdere inligting oor die aangeleentheid ontvang.

In hierdie stadium versoek ons personeel en studente dringend om alle nie-noodsaaklike toerusting soos lugversorgers, kompressors, ens., onmiddellik tot verdere kennisgewing af te skakel.

Vir dringende navrae of kwessies, skakel asseblief vir Nadeem Gafieldien by 082 307 7755.

 

Vriendelike groete

Prof Stan du Plessis

Uitvoerende Bedryfshoof: Universiteit Stellenbosch