Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hersiening: Rektorstoekennings vir Uitnemende Prestasie

​Die Universiteit Stellenbosch (US) strewe nie net voortdurend na akademiese en navorsingsuitnemend nie, maar ook om aan studente 'n transformatiewe studente-ervaring te bied wat elke student in staat sal stel om ondersoekend, 'n betrokke burger en 'n dinamiese en goedafgeronde professionele persoon te word.

Die jaarlikse Rektorstoekennings vir Uitnemende Prestasie is steeds die gesogste toekenning vir studente ter erkenning van uitnemendheid in akademie, leierskap, kultuur, sport, sosiale impak en diensverskaffing aan die studentegemeenskap.

Om te verseker dat die Rektorstoekennings vir Uitnemende Prestasie relevant en doeltreffend bly as erkenning van studente se prestasies, hersien die Universiteit tans die regulasies en kriteria wat die toekennings rig. Alle lede van die studentegemeenskap word uitgenooi om aan hierdie hersieningsproses deel te neem. 'n Aanlyn werksessies word aanstaande week as deel van hierdie proses gehou.

  • Woensdag 20 April 2022
  • 16:30-18:00
  • MS Teams

 Klik asseblief hier om teen 18 April 2022 te RSVP. Jy sal dan 'n uitnodiging na die MS Teams-werksessie ontvang.

Ons sien uit na jou deelname.