Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Doen aansoek vir eksamentoesig vir Mei 2022 – US-eksamens

Aansoekvorms beskikbaar vanaf Dinsdag, 22 Maart 2022

Indien u graag eksamentoesigdiens wil doen tydens dieUS-eksamens vanaf Maandag 23 Mei 2022 tot Saterdag 25 Junie 2022 (volle duurte van eksamenperiode), het u nou geleentheid om aansoek te doen. Eksterne aansoeke (persone buite die Universiteit) sal voorkeur geniet.

Neem kennis dat Covid-19 reëls en regulasies steeds van toepassing is.

Aansoeke sluit Vrydag, 01 April 2022 om 16:30

Die minimum kwalifikasie wat vereis word, is matriek.

Vergoeding beloop R250 per eksamensessie en R300 per ekstra skryftyd-eksamensessie vir toesighouers, en R350 per eksamensessie of R400 per ekstra skryftyd-eksamensessie vir senior toesighouers. Vergoeding vir alle toesighouding tot 20 Junie 2022 sal einde Julie 2022 betaal word.

Aansoekvorms is per e-pos beskikbaar vanaf Dinsdag, 22 Maart 2022. Kontak vir mnr Gary Kirsten by garyk@sun.ac.za om die aansoekvorm per e-pos vir u aan te stuur.

Aansoekers moet asseblief alle afdelings van die aansoekvorms volledig invul en die ingevulde vorm (saam met enige ander dokumentasie wat vereis mag word) moet weer per e-pos teruggestuur word aan garyk@sun.ac.za voor óf op die sluitingsdatum (Vrydag, 01 April 2022 om 16:30).

Neem kennis dat onvolledige vorms en aansoeke sonder die nodige dokumentasie (waar aangevra word) nie oorweeg sal word nie. 

Kontak mnr Gary Kirsten by garyk@sun.ac.za  vir verdere navrae.