Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
MaRooN Gesondheidspaspoort – daar is nog tyd om te WEN!

Die Universiteit Stellenbosch is toegewyd tot ons personeel en studente se gesondheid en welsyn. Ons nooi jou hiermee om jou MaRooN Gesondheidspaspoort (Maties Risk of Non-communicable disease) te voltooi. Dit is ʼn gesondheids- en welsynsmoniteringsinstrument wat deur die Universiteit Stellenbosch se Instituut van Sport- en Oefeninggeneeskunde (ISEM) en Kampusgesondheidsdiens bekendgestel is.

Volg die skakel hier onder om die MaRooN Gesondheidspaspoortopname te voltooi en staan ʼn kans om een van 50 gratis koffies te wen. Meer as 2 000 personeel en student het reeds die opname voltooi. Kom neem deel aan hierdie belangrike inisiatief!

Nadat jy die MaRooN-gesondheidspaspoortopname voltooi het, sal jy ingeskryf wees vir ʼn gelukkige trekking en ʼn kans staan om ʼn prys ter waarde van R 5000 te wen. Die gelukkige trekking sal aan die einde van die jaar plaasvind.

Klik hier om toegang te verkry tot jou MaRooN Gesondheidspaspoort.

​Jy kan ook die QR-kode skandeer.

MaRooN QR Code.png