Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Universiteit Stellenbosch Biblioteek is vanaf 27 Julie beskikbaar vir studie en navorsing

​Vanaf 27 Julie sal die biblioteekgebou vir maksimum van 50 kliënte beskikbaar wees vir die gebruik van rekenaars en vir studie- en navorsingsdoeleindes. Kliënte is welkom om hul eie toestelle saam te bring.

Die aantal kliënte wat die biblioteek besoek, sal gemonitor word ten einde aan COVID 19 protokolle te voldoen. Kliënte kan die biblioteek se besprekingstelsel gebruik om sessies van 2.5 uur te bespreek. Besprekings is moontlik binne die biblioteek se openingsure:

Maandag – Vrydag: 08:00 – 16:00

Die volgende ruimtes is beskikbaar vir bespreking:

•             Leersentrum

•             Navorsingsentrum

•             Biblioteek boonste vloer ooparea

•             Biblioteek boonste vloer rekenaararea

Kliënte wat 'n besoek aan die biblioteek wil bespreek, moet steeds aan COVID-19 gesondheidsvereistes voldoen. Hierdie maatreëls is belangrik om die veiligheid van biblioteekpersoneel en -kliënte te verseker. 

Ons verwelkom kliënte dus graag terug by die biblioteek om die beskikbare rekenaars en ruimtes vir studie- en navorsingsdoeleindes te gebruik.