Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) in werking vanaf 1 Julie 2020

​President Ramaphosa het onlangs aangekondig dat die mees beduidende gedeelte van die langverwagte Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) op 1 Julie 2020 in werking sal tree.

Wat jy behoort te weet:

• Die POPIA beïnvloed hoe ons die persoonlike inligting van byvoorbeeld studente, personeel, en diensverskaffers, insamel en bestuur.

• Ons was die aankondiging te wagte en het daarom die afgelope paar jaar daaraan gewerk om die manier waarop ons persoonlike inligting verwerk, aan te pas.

• In die volgende weke en maande sal ons meer besonderhede oor die uitwerking van die Wet op jou omgewing, met jou deel.

• Die Universiteit het tot 30 Junie 2021 om aan die POPIA te voldoen.

Vir meer oor die Universiteit se benadering tot privaatheid, besoek ons webtuiste of kontak die Inligtingsoorsigbestuurspan by privacy@sun.ac.za.​