 Lewensvatbare Voorsiening van Sekuriteitsdienste vir die Universiteit Stellenbosch Tydens
die onderhandeling tussen die Vakbonde en die Universiteit Stellenbosch
gedurende 2016 insake inkontraktering en uitkontraktering, het die
partye ooreengekom op 'n proses van Lewensvatbare Voorsiening.
Lewensvatbare Voorsiening word gedefinieer as die sisteem en proses
waardeur die Universiteit op ʼn deursigtige manier, inaggenome die
insette van belangegroepe, besluit op die mees geskikte metode vir die
verskaffing van essensiële dienste aan die Universiteit. Die
Universiteit Stellenbosch is verbind tot ʼn proses van Lewensvatbare
Voorsiening wanneer 'n essensiële dienskontrak hernu moet word of
wanneer 'n behoefte vir 'n nuwe diens ontstaan . Stellenbosch
Universiteit Kampussekuriteitsdienste (“Kampussekuriteit") begin
hiermee die proses om die mees lewensvatbare voorsiening vir addisionele
sekuriteitsdienste te verkry. As deel van die Lewensvatbare
Voorsieningsproses word insette verlang van belangegroepe of enige
partye wat moontlik geraak kan word deur die voorsiening. Persone wat
wil insette lewer, word versoek om geskrewe voorleggings aan Riaan
Malan, Senior Aankoper, via e-pos by rmalan@sun.ac.za te stuur of om
voorleggings aan hom by afdeling Aankope & Voorsieningsdienste
(Merrimanlaan) in te dien, teen 13 Oktober 2017. Persone wat ook in
persoon insette wil lewer moet asseblief so aantoon en
kontakbesonderhede verskaf. Hierdie voorleggings sal deel vorm van die
evaluering van die Lewensvatbare Voorsieningsopsies. Ten
einde lewensvatbare opsies te vergelyk sal 'n tender uitgereik word aan
sekuriteitsmaatskappye. Aangesien die US nie beskik oor al die
kundigheid, buigsaamheid en statutere bevoegdhede wat professionele
sekuriteitsdienste bied nie, benodig Kampussekuriteit assistering. Kampussekuriteit benodig sekuriteitsdienste vir die assistering en voorsiening van:- Buigsame
kapasiteit patrolliedienste om die flukturerende behoeftes aan
sekuriteitsdienste te ondersteun in ooreenstemming met die akademiese
jaar se wisselende program, soos met eksamens, byeenkomste, funksies,
projekte en risiko profiel.
- Kundigheid en ervaring in
sekuriteitsdienste soos kringtelevisie moniteringsstelsels, Opskamer
kundigheid, afstandmonitering, sekuriteits- en alarm sagteware en
ervaring.
- Vaardigheid, vermoë, bevoegdheid en ondervinding om personeel volgens die statutêre regulasies te assesseer en te registreer.
- Vaardigheid en kundigheid om geakkrediteerde sekuriteitsopleiding aan te bied.
- Plaaslike gewapende reaksie-diens wat reageer op gewapende bedreigings op versoek.
- Gespesialiseerde
konsultasie en adviesdienste, veiligheid en
sekuriteitsrisiko-assesserings vir sekuriteits by groot byeenkomste,
sekuriteitstegnologie-tegniese advies, voorsiening van tegnologie bv.
radios, selfone en paniekknoppies en algemene dienslewering deur
gekwalifiseerde en statutêr geregistreerde sekuriteitspersoneel by die
Stellenbosch-, Tygerberg- en Bellvilleparkkampusse van Universiteit
Stellenbosch.
Die voorstelle sal op die volgende kriteria beoordeel word:- Ervaring met multi-jaar sekuriteitskontrakte aan organisasies naastenby selfde omvang as die US.
- Bewese kapasiteit om die siklies-wisselende sekuriteitskapasiteitsbehoefte van die US te kan akkomodeer.
- Geregistreer en in statutêre goeie verhouding met die sekuriteitsreguleringsowerheid.
- Bewese ondervinding in adviesdienste en risiko-assesserings
- Volhoubaarheid van voorstel
- Verwysings van 5 huidige kliënte
- BBSEB gradering
- Bewese menswaardigheid protokolle en bestuurspraktyke toegepas in die bestuur van menslike hulpbronne.
- Volledige dokumentasie ingedien
Kategorie
Sleutelwoorde campus security; Security |