Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Lewensvatbare Voorsiening van Sportfasiliteite Instandhouding vir die Universiteit Stellenbosch Kampus te Coetzenburg en Satelliet fasiliteite

Tydens die onderhandeling tussen die Vakbonde en die Universiteit Stellenbosch gedurende 2016 insake inkontraktering en uitkontraktering, het die partye ooreengekom op 'n proses van Lewensvatbare Voorsiening. Lewensvatbare Voorsiening word gedefinieer as die sisteem en proses waardeur die Universiteit op ʼn deursigtige manier, inaggenome die insette van belangegroepe, besluit op die mees geskikte metode vir die verskaffing van essensiële dienste aan die Universiteit. Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot ʼn proses van Lewensvatbare Voorsiening wanneer 'n essensiële dienskontrak hernu moet word of wanneer 'n behoefte vir 'n nuwe diens ontstaan .

Stellenbosch Universiteit begin hiermee die proses om die mees lewensvatbare voorsiening vir die instandhouding van sportfasiliteite op die Stellenbosch kampus te verkry. As deel van die Lewensvatbare Voorsieningsproses word insette verlang van belangegroepe of enige partye wat moontlik geraak kan word deur die voorsiening. Persone wat wil insette lewer, word versoek om geskrewe voorleggings aan Hendri Knoetze, Senior Aankoper, via e-pos by hknoetze@sun.ac.za te stuur of om voorleggings aan hom by afdeling Aankope & Voorsieningsdienste (Merrimanlaan) in te dien teen 4 Oktober 2017. Mense wat persoonlik insette wil lewer moet asseblief so aandui en kontakbesonderhede verskaf. Hierdie voorleggings sal deel vorm van die evaluering van die Lewensvatbare Voorsieningsopsies.

Ten einde lewensvatbare opsies te vergelyk sal 'n versoek om voorstelle uitgereik word aan Sportfasiliteit Instandhoudingsmaatskappye. Die diens wat benodig word, is die instandhouding van sport fasiliteite op kampus. Hierdie fasiliteite bestaan uit:

  • Sportvelde (Gras en Astro)
  • Klubhuise en onmiddelike omgewing
  • Swembaddens en ablusiefasiliteite
  • Krieket kolfblaaie
  • Tennisbane
  • Binnenshuise sportsale
  • Sport tereine werkswinkels en store
  • Informele gras en rowwe gebiede
  • Algemene ontspanningsareas by sport
  • Pieniekareas

Die volgende aktiwiteite sal met verskillende frekwensies binne bogenoemde ruimtes benodig word:

  • Onderhoud van grasperke
  • Voorbereiding van kolfblaaie
  • Bestuur van masjienerie, toerusting en die instandhouding daarvan
  • Verf van lyne en voorbereiding van velde
  • Bestuur van besproeiingstelsels en die onderhoud daarvan
  • Identifikasie en behandeling van peste en onkruid
  • Instandhouding van swembaddens en toediening van chemikalieë
  • Toepassing van 'n beplande onderhoudstelsel

Die voorstelle sal op die volgende kriteria beoordeel word:

  • Bewese menswaardigheids protokolle en bestuurspraktyke toegepas in die bestuur van menslike hulpbronne
  • Volhoubaarheid van Voorstel
  • BBSEB gradering
  • Verwysings van minstens 5 huidige kliënte
  • Waarde Toevoeging
    • Metodologie in terme van:
        • Bestuurskontroles
        • Kommunikasiestelsels
        • Bestuur van veiligheidsaspekte (OHSA)
        • Gehaltebeheerstelsels
        • Manier waarop sensitiewe areas bestuur word
        • Hoe word kliëntetevredenheid bereik en gewaarborg