Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
PhD-eksaminatore

Die goedkeuring van eksaminatore vir PhD-proefskrifte van kandidate vir die Maart  2018-gradeplegtigheid sal by die Fakulteitsraadsvergadering van 4 Augustus 2017 plaasvind. Die agenda vir hierdie vergadering sluit op 18 Julie 2017. (Die inhandigingsdatum van hierdie proefskrifte is 1 Oktober 2017.)

Aangesien hierdie eksaminatore vooraf deur 'n ad hoc-komitee goedgekeur moet word – vóór die sluiting van die Fakulteitsraad se agenda – moet aansoeke vir die goedkeuring van eksaminatore Marie Malherbe teen Vrydag, 13 Julie 2017 bereik vir voorlegging aan die ad hoc-komitee.

Kliek hier vir die vereiste vorm vir die aanwys van PhD-eksaminatore.

Kandidate wat in Desember 2017 wil gradueer, se PhD-proefskrifte moet me Malherbe teen 8 Augustus 2017 bereik. Enige proefskrifte wat ná hierdie datum ingehandig word, sal oorstaan tot die Maart-plegtigheid.