'n Welswees‑ervaring vir personeel en studente is van 11:00 tot 14:00 beskikbaar. Dit behels 'n interaktiewe sifting waar kernliggaamsmetings en bloedtoetse uitgevoer word. Welwees‑siftings is belangrik aangesien 'n mens jou huidige gesondheids‑ en lewenstylrisiko's kan bepaal en raad kan bekom oor hoe om die geïdentifiseerde risiko's te hanteer.
In 'n poging om ons te help om 'n aangename ervaring te verseker, dui asseblief jou belangstelling aan deur
hier te klik of
bespreek nou jou sitplek vir die Discovery Welsweeservaring.
Studentewelstand
Vanaf 12:30 tot 13:30 lewer die Direkteur: Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, mnr. Charl Davids, 'n kort boodskap aan personeel en studente ter ondersteuning van welwees en word die vul-'n-boks-/trollie-inisiatief bekend gestel wat die voedselonsekerheid van studente op US‑kampusse wil verlig.
25 Julie – BASK (Baccalaureus Artium Studentekomitee) se Toebroodjie‑veldtog
Die Baccalaureus Artium Studentekomitee in samewerking met die Rampeenheid van die Stellenbosch Munisipaliteit gaan 67 minute lank 67 hoendermayonnaise‑toebroodjies berei. Die studente verpak die toebroodjies en lewer dit by kwesbare persone af.
Die toebroodjie‑veldtog vind by die Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou plaasvind. Kontak me Eyethu Mbele by
24950467@sun.ac.za vir meer inligting.
26 Julie – Brei kring (Tygerbergkampus)
Van 12:00nm tot 16:00nm bied Tygerberg Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Biblioteek 'n brei kring aan wat items ter herdenking van Nelson Mandela gaan brei. Kontak mnr Jeremiah Pietersen by
jeremiahp@sun.ac.za of mnr Timilehin Aderibigbe by
timilehin@sun.ac.za vir meer inligting.
26 Julie – Mandeladaglesing (Transformasiekantoor)
Van 17:00nm tot 19:30nm bied die Universiteit Stellenbosch Museum die Transformasiekantoor se Mandela Dag-lesing aan, met die hoofrede deur prof. Thuli Madonsela
Vanaf 17:00nm – 19:30nm by die Stellenbosch Museum, sal die Transformasiekantoor die Mandeladag-lesing aanbied, met die hoofrede deur prof. Thuli Madonsela “Om voedselonsekerheid by die Universiteit Stellenbosch te oorkom".
Klik hier om te RSVP.
Vir meer inligting en navrae kontak me Shanté Neff by
shante@sun.ac.za
MEER MANDELA DAG AKTIWITEITE
Afdeling: Inligtingstegnologie
Die IT-afdeling het vir 'n tydperk van 12 maande vir Lisa Educentre geïdentifiseer, 'n spesiale behoefteskool wat hulle sal ondersteun. Skenkings sluit in, maar is nie beperk nie tot skryfbehoeftes, kuns- en kunsvlytitems en jou tyd (Tegniese Ondersteuning).
Vir meer inligting oor ondersteuning wat nodig is, kontak
amandaje@sun.ac.za of
sumelambrechts1@gmail.com
Die Tygerberg-spensprojek
Die verskillende koshuisspense op kampus vorm die ruggraat van korttermynvoedselsekerheid vir die Tygerberg-kampusstudente. Hierdie spens bied kos aan hulpbehoewende studente en word deur toegewyde huiskomiteelede bestuur.
Die Tygerberg-spensprojek dra by tot hierdie poging deur die koshuisspense te ondersteun met bykomende produkte wat ingesamel word deur skenkingsveldtogte. Hierdie samewerkingspoging verseker 'n noemenswaardige stap in die regte rigting om voedselsekuriteit op Tygerbergkampus te verseker
Indien jy belangstel om betrokke te raak en vir meer inligting, kontak vir me. Isabella Turner by
22904131@sun.ac.za